"Dit beteken vir ons baie, want ons was altyd bang vir sosiale media en nou is dit deel van ons daaglikse roetine"
Wenners vir die Netwerk Smaakmakers 2024 Kompetisie
En daar wen ons toe die Netwerk24 in samewerking met Landbouweekblad se Smaakmaker van die Jaar kompetisie vir die landbou afdeling.
’n Smaakmaker is die Afrikaanse woord wat Netwerk24 se lesers vir die Engelse woord “influencer” uitgedink het.
Die doel van die kompetisie was om erkenning te gee aan inhoudskeppers wat kies om in Afrikaans te werk en volgens Wicus Pretorius, voorsitter van Afrikaanse Sinergie by Media24, moet hulle daarvoor erkenning kry en beloon word.
Wie het nou gedink dat ons TikToks soveel impak sou hê. Ons hoop ons storie spoor julle aan om groot hoogtes te bereik deur net te begin doen waarvoor jy bang is.
Hier is die artikels vir jou om verder te lees:
- Sirkellig, selfoon, aksie! Hier is Netwerk24 se Smaakmaker-wenners
- OORSIG | Kyk wie stap weg met die eerste Smaakmaker van die Jaar-prys!
- Hier is Netwerk24 se Smaakmaker-wenners
Smaakmaker van die Jaar Wenners 2024 - Landbou